Dahsjoer | ||
Snofroe se Rooi Piramide. | ||
Koördinate | 29°48′23″N 31°12′29″O / 29.80639°N 31.20806°O | |
Plaaslike naam | دهشور | |
Land | Egipte | |
Soort | Dodeakker | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Snofroe | |
Gestig | 2613–2589 v.C. | |
Tydperk | 4de Dinastie (Ou Ryk) | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 86 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Memphis and its Necropolis – the Pyramid Fields from Giza to Dahshur | |
* Naam soos op die Wêrelderfenislys † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Dahsjoer (Arabies: دهشور) is ’n koninklike dodeakker op die wesoewer van die Nylrivier sowat 40 km van Kaïro, Egipte. Dit word ook getranslitereer as Dahsjur, Dashur of Dahshour. Dit is hoofsaaklik bekend vir verskeie piramides, waarvan twee van die oudstes, grootstes en bes bewaardes in Egipte is. Hulle is tussen 2613 en 2589 v.C. gebou.